LaShalom Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

LaShalom Selfsorg is op 'n eiland omring deur die Bergrivier geleë en het 'n uitsig oor die Port Owen Marina.

Gaste by LaShalom kan die Weskus-eenheid op die onderste verdieping of die Franse-eenheid op die eerste verdieping bespreek. Albei eenhede is ingerig vir selfsorg en bied slaapplek vir 2 gaste. Die oopplan-eenhede het elk 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n bad en stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die eenhede het elkeen 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in 'n sitkamer wat ingerig is met 'n TV met DStv en 'n uitsig oor die marina het. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die hoofsekuriteitsingang bied beperkte toegang tot die eiland. Die Port Owen Marina is binne stapafstand en dit het 'n slipway vir bote wat lei na die eenhede se jetty. Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, bootry, daaglikse rivier- en see vaarte, kajak en visvang in. Verskeie restaurante en spa's is ook naby geleë.

Pragtige strande en plekke soos Mykonos, Paternoster en Jacobsbaai is binne bereik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na LaShalom Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za