Laudin's View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laudin's View bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike houthuis in Umtentweni aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié huis het slaapplek vir 4 gaste en is op 'n residensiële perseel geleë waar die eienaar ook woon.

Die houthuis het 1 slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Dit lei na 'n lieflike houtdek waar gaste hul ontbyt in vrede kan geniet. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, lugversorging, ingeboude kaste en 'n spieëlkas. Die badkamer het 'n stort en 'n stel badhanddoeke word met aankoms voorsien. Die oopplan-kombuis het graniettoonbanke en bied toegang tot die sitarea met 2 enkelslaapbanke en 'n Openview-TV. Gaste kan gerus hul eie DStv-dekodeerder en 'n slimkaart saambring. Die kombuis het 'n yskas, 'n oond, stoof en 'n mikrogolfoond.

Gaste is welkom om die vermaakarea te benut. Dit sluit 'n swembad, Jacuzzi en buitebraai-geriewe wat van baksteen gebou is in. Laudin's View is ideaal vir 'n romantiese wegbreek vir paartjies, 'n gesinswegbreek, of sakereisigers wat deur die area reis. Ander geriewe op die perseel sluit lugversorging (op versoek), veilige parkeerplek, 'n palissade-heining en elektriese hek, 'n alarmstelsel en skoonmaakdienste teen 'n ekstra fooi in.

Die perseel is 3,6 km van Tweni-swemstrand af. Abingdon Spar is 2,3 km ver en het 'n Kwikspar, kroeg, bottelstoor, restaurant en 'n apteek. Oribi Plaza-winkelsentrum in Port Shepstone is 4,8 km ver en Shelley-sentrum is 16,6 km ver. Port Shepstone-buiteklub, wat gholf, muurbal, rolbal en tennis bied, is net 3,9 km van die perseel af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laudin's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za