Lavenders at Constantia Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lavenders at Constantia Guest House is in 'n afgesperde sekuriteitsarea in Pretoria geleë. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na veilige en gerieflike verblyf waar hul net kan ontspan in luukse en hul batterye bietjie kan herlaai.

Verblyf word aangebied in 6 kamers wat elkeen uniek en stylvol versier is en sy eie ingang het. Elke kamer het 'n dubbelbed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, of 'n stort en bad, 'n wasbak en 'n toilet. Elke kamer beskik ook oor 'n ontbythoekie en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe. Ekstra geriewe in elke kamer sluit gratis WiFi, lugversorging en 'n platskerm-TV met DStv-kanale in.

Al die kamers is toegerus vir selfsorg, maar 'n heerlike warm Engelse ontbyt word op versoek teen 'n addisionele koste bedien. Ander maaltye is ook op versoek teen 'n addisionele koste beskikbaar. Wasgoeddienste is beskikbaar op versoek. Veilige parkeerplek is ook op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek en elektriese heining beskikbaar.

Lavenders at Constantia Guest House is naby Pretoria se sakekern, die nuwe Menlyn Maine-ontwikkeling, Menlyn Maine, Time Square Casino en die Sun Arena, SITA-opleidingsentrum, die Botaniese Tuin, Voortrekkermonument, die Uniegeboue en verskeie gholfbane soos Waterkloof en Wingate Park geleë. Die gastehuis is ook na aan Kloof Hospitaal, Pretoria-Oos Hospitaal, Faerie Glen Hospitaal en Wilgers Hospitaal. Ons bied maklike toegang tot die snelweë en die OR Tambo Internasionale Lughawe is net 40 km van die gastehuis af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lavenders At Constantia Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za