+30

LeoZet Selfsorgwoonstel

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 658 Sak Street, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

LeoZet Selfsorgwoonstel is langs die eienaar se woning geleë, in 'n stil doodloopstraat in Wingate Park, Pretoria. Die gaste het gemaklike, netjiese en rustige akkommodasie en 'n pragtige tuin.

Die eenheid het 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte bed en lugversorging. 'n Kleedkamer met ruim kasruimte is tussen die slaapkamer en die en suite-badkamer geleë. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die sitkamer en vir 'n ekstra kind kan ons 'n matras en beddegoed aanbied. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe, koffie, tee, suiker, melk en graankosse, asook beskuit. Daar is ook 'n TV met die volledige DStv-pakket en PVR, asook gratis WiFi-internettoegang.

LeoZet Selfsorgwoonstel word deur sonkrag aangedryf en word dus nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Die eenheid het veilige parkering beskikbaar vir 2 voertuie en 'n sleepwa agter hekke en elektriese heinings. Die woonstel het 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n gewapende reaksie-eenheid.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kindermatras vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 180 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henry V
Saam met vriende
5.0
Gerieflike, skoon, netjiese eenheid. Ons het baie lekker gebly in 'n netjiese gastehuis. Goed geleë.
Nov 2025
Leon V
Gesin met tieners
5.0
Baie vriendelik, pragtige tuin en waarde vir jou geld, lekker naby ingange. Baie lekker gebly, kon ons help om vir my dogter se matriekafskeid gereed ...
Sien meer
Okt 2025
Anna-Mart K
Saam met vriende
5.0
Amazing. Baie lekker gebly. Geen probleme. Puik diens gewees. Baie veilige gebied. Awesome places.
Sep 2025
Ina V
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese, veilige plek met vriendelike eienaars. Alhoewel dit net vir 1 nag was, het ons die plek geniet en 'n vriendelike gasvrou beleef. Moet noem d...
Sien meer
Aug 2025
Liesel L
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly, gasvrye mense. Baie lekker gebly!
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 180

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 658 Sak Street, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Gaste dink LeoZet Selfsorgwoonstel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Badkamer-gryprelings
Stort- of badstoel
Slaapkamer sonder trappe
Ingang en paadjie sonder trappe
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 658 Sak Street, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsDn9nUHraaWMubswKRDrrcRxfdSWKHet2e9dRnfbAXSajXRub0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 180 5 1 5 658 Sak Street Wingatepark 0153 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.826158 28.265021

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang