LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mafuta Bush Experience | LekkeSlaap
+18

Mafuta Bush Experience

5 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Mafuta Bush Experience
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Marie H - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die 2 nagte verblyf by Mafuta Bush Experience was 'n hoogtepunt in ons reis van Kaapstad na Limpopo!

Vriendeliker en meer gasvry mense sal jy moeilik elders kry. Alles wat nodig is in die houthuisie, totale stilte snags met 'n naghemel wat nie sommer oortref kan word nie. Lieflike plaas met hope besonderse diere waar mens naby aan die natuur voel en totaal kan ontspan. Ons sal julle graag weer wil besoek. Dankie, julle is baie spesiale mense wat geen moeite te veel ag om jul gaste tuis te laat voel nie!

Christo V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo V
Enkelreisiger

Ideale wegbreek.

Heerlike rustigheid teen 'n bekostigbare prys. Alles wat jy nodig het insluitende ruimte en plek om te stap of as jy wil naby die nasionale park waar nog baie wild te sien is. Ek het die eerste oggend wakker geword met 'n troppie bastergemsbokke voor my stoep. Toe kom sebras, rooibokke, elande en kameelperde - alles binne die eerste uur. Ek kan hierdie plek ten sterkste aanbeveel.

Mafuta Bush Experience's terugvoer

Baie bly dat jy lekker gebly het. Ons is baie dankbaar dat julle dit geniet het en dankie vir jou mooi verwysing.

Mafuta Bush Experience
Annatjie D - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annatjie D

Rustigheid vir die siel.

Sal vir seker weer Mafuta besoek, salig, rustig en privaat. Dit voel soos bosveld in die Karoo! Vriendelike ontvangs, diere-vriendelik en pragtige gasmense! Het reeds begin om aan te beveel vir mense. Kom weg uit die stad en gejaag en word een met die natuur. Ons is skaars by die huis en ons verlang terug! Veilig, ons het met oop deure geslaap! Fantasties is eintlik net 'n klein woordjie! Grootste seëninge word julle toegewens!

Dieter H - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dieter H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker ervaring.

Baie lekker gebly. Vriendelike diens. Netjies en skoon. Sal beslis waar soontoe gaan. Sal vir ander aanbeveel.

Elize C - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Salig!

Hartlike ontvangs. Die lapa-kuierplek is 'n belewenis. Ons groepie het stoksielalleen tussen die ou doringbome, grasvelde en lieflike natuur heeltemal veilig gevoel. Mafuta Bush Experience was vir ons die fonds van die jaar.

Mafuta Bush Experience's terugvoer

Beste Elize,

Baie dankie, dis lekker om goeie kommentaar te kry.

Groete,
Chris

Mafuta Bush Experience
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Wes Plaas, Langs die N12, Kimberley, 8710, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARyrqjNch9l7bmeov8XY1PLghg25MSkYIunl7CyfWalJDyNAgsz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R680  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 Farm Rietfontein West Off the N12 8710 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.074366 24.536894
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!