Mediterranean Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mediterranean Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vakansiehuis in Voëlklip, Hermanus. Dié kothuis is naby Grottobaai en Voëlklipstrand.

Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers in die hoofhuis en 'n aparte woonstel. Daar is slaapplek vir 7 gaste altesaam. Die hoofhuis se eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n glasskuifdeur wat na 'n binnehof lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste, en die derde slaapkamer het 1 driekwartbed en ingeboude kaste. Daar is 'n aparte toilet en 'n wasbak, en 'n badkamer met 'n bad en 'n wasbak.

Die kothuis beskik oor 'n leef-, eet- en kombuisarea. Die eetarea het 'n tafel met sitplek vir 8. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Die leefarea lei na 'n binnehof waar gaste kan ontspan, lees of braai. Daar is 'n ingeboude braai en 'n tafel met sitplek vir 6.

Die binnehoftuin lei via 'n stel trappe na 'n kuierdek. Die dek het ook 'n buitestort, sitplek en 'n braai-area. Daar is 2 hangmatte en 'n dagbed.

Die kombuis lei na 'n klein binnehof met 'n buitestort en 'n wasbak. Dié binnehof lei na die aparte selfsorgwoonstel. Die woonstel het 'n dubbelbed, kaggel, yskassie, wasbak, ketel en basiese eetgerei. Daar is ook 'n sitarea, ingeboude kaste en 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Dié vakansiehuis het nie 'n TV nie. Daar is heelwat interessante boeke, bordspeletjies en strandgeriewe tot gaste se beskikking om veral die kinders besig te hou.

Slaapplek

'n Bespreking by Mediterranean Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mediterranean Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false