Middelpos Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Middelpos Manor is op 'n historiese plaas, sowat 1 km buite die dorp, geleë. Selfsorgverblyf is beskikbaar, maar 'n heerlike plaasontbyt is ook beskikbaar.

Verblyf word in 3 unieke kamers gebied. Elke kamer het lugversorging, TV met sekere DStv-kanale. Ander geriewe sluit gratis WiFi, ondervloerse verhitting en elektriese kombers op elke bed in.

Gaste kan van die goed toegeruste gemeenskaplike kombuis en ruim sitkamerarea met aparte TV kamer. Die gastehuis word omring deur 'n groot en welige tuin met 'n swembad en braaigeriewe.

Citrusdal skuil tussen geurige vrugteboorde en lande vol veldblomme. Die bergagtige terrein skep terselfdertyd die indruk van afgesonderdheid én groot opwinding. Dis gewild onder voetslaners, rotsklimmers en bergfietsryers. Daar is ook verskeie opwindende 4x4-roetes op Citrusdal se bergplase. Bergfietsryers kan die Boschkloof-bergfietsroete volg terwyl bergklimmers die Wolfberg Arch and -Skeur, die Maltese-kruis, Tafelberg en Sneeuberg kan verken. Daar is ook ander doendinge soos die Maalgat-poel, Stadsaalgrotte en korter wandelinge op die Cederberg-wynlande in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Middelpos Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false