Linkside Akkommodasie by Mossel Bay Holiday Flat | LekkeSlaap
+47

Mossel Bay Holiday Flat

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73A, Rodgerstraat, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 8

Beskrywing

Mossel Bay Holiday Flat bied 3 selfsorgwoonstelle in die hartjie van Mosselbaai in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir vriende of 'n gesin wat 'n rustige wegbreek met asemrowende uitsigte en 'n verskeidenheid doendinge waardeer.

Akkommodasie by Mossel Bay Holiday Flat One bestaan uit 'n oopplan-leefarea/eetarea en 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank en 'n enkeldagbed in die sitkamer. Die woonstel het 2 badkamers met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met al die nodige geriewe soos 'n yskas met vrieskas, 'n vierplaatstoof met 'n oond, 'n mikrogolf, 'n ketel en 'n broodrooster. Die opwaskamer het 'n dubbelwasbak en wasgoedgeriewe nie.

Akkommodasie by Mossel Bay Holiday Flat 2 het 'n oopplan-leefkamer/eetkamer en 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea en 'n ekstra enkelmatras kan vir die slaapkamer voorsien word. Die woonstel het 1 badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met al die nodige geriewe soos 'n yskas met vrieskas, 'n tweeplaatstoof/oond, 'n mikrogolf, 'n ketel en 'n broodrooster. Die kombuisarea het 'n dubbelwasbak en wasgoedgeriewe.

Verblyf by die Mosselbaai Enkelkamerwoonstel 3 beskik oor 'n oopplan-leefarea, -eetkamer en -slaaparea en 1 badkamer. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed in die slaaparea, 2 gemaklike sitkamerstoele in die sitkamer en 'n volledige kombuisie met 'n tweeplaatstofie-oond, 'n ketel, yskassie, mikrogolf, broodrooster en 'n enkelopwasbak. Die woonstel het 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Mossel Bay Holiday Flat het ook 'n gemeenskaplike buitebraai-area met 'n piekniektafel en -bankies. Woonstel 1 en 2 spog met lieflike uitsigte. Die Enkelkamerwoonstel 3 bied ongelukkig nie 'n uitsig nie. Elke woonstel het DStv en WiFi, asook veilige parkeerplek.

Die dorp se eetplekke, winkelsentrums en beeldskone strande is stapafstand of net 'n kort rit van die eenhede af. Daarom is die woonstel 'n uitstekende keuse vir 'n selfsorgvakansie met 'n verskeidenheid doendinge om elke gas te vermaak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Mossel Bay Holiday Flat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 73A, Rodgerstraat, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mossel Bay Holiday Flat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73A, Rodgerstraat, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJjMTE4YzVhLWRkMjQtNGZmNS04ZDIzLTkwYmJiNDBhOTE5NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 73A Rodger street 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.185356313994 22.147487775463
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za