Mosselbaai Akkommodasie by Mossel Bay Self-catering | LekkeSlaap
+21
+21

Mossel Bay Self-catering

8 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: E. Casta-straat 24, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Mossel Bay Self-catering is 'n tweeslaapkamerwoonstel met selfsorg-geriewe onder 'n huis in die stil woonbuurt Danabaai in Mosselbaai. Die woonstel is naby restaurante, winkelsentrums en ander geriewe.

Mossel Bay Self-catering het sy eie privaat ingang en bied gerieflike verblyf vir 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 1 koningingrootte-bed en genoeg kaste, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en genoeg kaste en daar is 2 stapelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort en toilet.

Die kombuis, eetkamer en sitkamer is oopplan en baie ruim. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, mikrogolf, oond, yskas, strykyster en stofsuier. Daar is ook 'n TV en jy kan lekker ontspan by die braaiplek buite en jouself verlustig in die luisterryke sonsondergange. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Gaste kan die Blouvlagstrande besoek en lekker swem, visvang of net langs die strand stap. As die seisoen reg is kan besoekers ook kyk hoe dolfyne en walvisse in die see baljaar. Wêreldklas-gholfbane is net 'n kort entjie se ry van die woonstel af.

Slaapplek

’n Bespreking by Mossel Bay Self-catering sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Mossel Bay Self-catering
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • E. Casta-straat 24, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mossel Bay Self-catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: E. Casta-straat 24, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBkNzAzYTcwLWRiZjMtNDNmNC1hNjVjLTViY2I1Y2IwNTZhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 6 persone) 8 5 1 5 24 E. Casta Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.196229 22.037153
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za