Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mount Ceder

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
  • Vanaf R525 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mount Ceder is die ideale selfsorg-naweekbestemming in die Sederberge en bied 'n hele rits aktiwiteite en verblyf-opsies. Di is in 'n vallei wat deur berge omring word op die hoofroete deur die Sederbergreeks geleë.

Verblyf word in verskeie bekoorlike selfsorghuise met slaapplek vir tussen 2 en 6 gaste elk gebied. Al die huise het linne, handdoeke, eetgerei, breekware, yskaste, stowe, mikrogolfoonde en kaggels, en buite is daar braaigeriewe. Mount Ceder het ook 3 kampeerplekke met hulle eie ablusiegeriewe wat lekker ver uit mekaar geleë is om privaatheid te verseker. Gaste moet hul eie tente en kampeertoerusting saambring.

Vir diegene wat nie lus is vir kosmaak nie is daar 'n restaurant op die perseel wat smullekker maaltye bedien. Aandete is 'n vaste spyskaart met 'n driegangmaaltyd wat 24 uur voor die tyd bespreek moet word. Aktiwiteite sluit bergfietsry, kanovaart, voetslaan, voëlkyk en swem in die rivier in. Buiten die staproetes en swemplek op die perseel, is Mount Ceder ook ry-afstand vanaf 4x4-roetes en verskeie ander besienswaardighede in die Sederberge.

Die Sederbergstreek is net 188 km vanaf Kaapstad, maar tog is die landskap so anders as dié van die Moederstad. Dis wilder en warmer met 'n ongerepte, dramatiese prag.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 197 resensies vir Mount Ceder
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Adele Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 197

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mount Ceder het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R525
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R525
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5613242375204a1306b6c350978a537c16729ba46decd3ea2c761b1672e6b8e44f3831c8c37c2ce41a9049ec73d3f129c3c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R525 per nag, vir 2 mense 197 5 1 5 Mount Ceder Koue Bokkeveld 6836 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.648360576931 19.408698745716
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem