Mountain View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gesinshuis met 'n uitsig op die berg. Die huis het 3 slaapkamers en is in Voëlklip in Hermanus geleë. Dit beskik oor 'n voorstoep met 'n ingeboude braai en kuierarea wat op somerdae ingespan kan word. Gaste kan ook in die voortuin onder die bome piekniek hou.

Die huis bied slaapplek aan 5 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 slaapkamers en 'n sitkamerarea. Die hoof- en tweede slaapkamer het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitkamer vir 2 kinders onder 12. Elke slaapkamer het klerekaste. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n stort en die ander met 'n bad. Gaste moet hul eie handdoeke bring.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, sitkamer en eetkamer, met glasdeure na die stoep. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof en oond, breekware, eetgerei, broodrooster en 'n skottelgoedwasser. Die kaggel in die sitkamer sal gaste warm hou in die winter.

Gaste kan in Hermanus se winkeltjies gaan rondsnuffel, kunsgalerye besoek en lang ente gaan stap om die natuurskoon te bewonder. Daar is ook geleentheid vir voetslaan, swem, fietsry, walviskyk in seisoentyd en selfs wynproe. Voëlklip se strand is net 1,9 km van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Mountain View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za