Bellville Akkommodasie by Mountain View Number 24 | LekkeSlaap
+7

Mountain View Number 24

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rustenburgrylaan 21 , Ridgeworth, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Mountain View Number 24 is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in die Noordelike Voorstede.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne en toiletpapier word voorsien, maar handdoeke en ander toiletware is nie beskikbaar nie. Die badkamer het 'n stort en n bad.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware.

Die leefarea het 'n TV, gemaklike sitplek en lei na die onderdakpatio met 'n ingeboude braai. Parkeerplek is voor die woonstel beskikbaar.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks.

Die omgewing is rustig en naby groot trekpleisters, soos Tafelberg, Durbanville, Paarl en Stellenbosch se wynlande, en Melkbosstrand, Bloubergstrand, Strand en Gordonsbaai se pragtige sandstrande.

Ander trekpleisters sluit Die Boer-restaurant en -teater, Kunstekaap, V&A Waterfront, Tygervallei en Century City in.

Ridgeworth-sentrum is net 300 m ver en dis in 'n 10 km-radius vanaf Louis Leipold Medi-Clinic, Karl Bremer-hospitaal en Panorama Mediesesentrum. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 16 km ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Mountain View Number 24 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 10 resensies vir Mountain View Number 24
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Rustenburgrylaan 21 , Ridgeworth, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain View Number 24 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rustenburgrylaan 21 , Ridgeworth, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcsMsk4Lsc8V1SSKBfmzEBicfiUylGwrTvmIjkEAAnsuyyd3xYi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 4 persone) 10 5 1 5 21 Rustenburg Drive Ridgeworth 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.87564 18.6458
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za