Muldersvlei Estate
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Elsenburgpad, Muldersvlei, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Muldersvlei Estate bied jou net die beste as dit by plaasstyl-gerief en ontspanning kom. Dié plaasgastehuis is 'n geskiedkundige gebou van 200
jaar oud en is pragtig opgeknap om sy ouwêreldse karakter te behou. Muldersvlei is ideaal geleë in die hartjie van die Wynlande, net 15 minute van Stellenbosch, Paarl en Durbanville af.
Daar is 4 gesin-suites met slaapplek vir 4 en 2 en suite-dubbelkamers. Die gesin-suites is verdeel in 2 slaapareas met 'n sitarea. Die en suite-dubbelkamers het elk 'n groot vuurherd wat bydra tot die romantiese atmosfeer of kersligetes. Al die kamers het en suite-badkamer en is
toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, waaiers en verwarmers, haardroërs en 'n yskassie.
'n Heilsame ontbyt word voorgesit in die eetkamer met 'n kaggel, of al fresco onder die wingerdbedekte-terras wat uitkyk oor die golwende grasperk met vee wat wei en die berge in die verte.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 77
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Elsenburgpad, Muldersvlei, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Muldersvlei Estate het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Muldersvlei Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Elsenburgpad, Muldersvlei, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom