Murray Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Murray Beach House is in die vissersdorpie Lambertsbaai geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdieping-eenheid, net 200 m van die strand af.

Op die boonste verdieping is daar 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, klerekas en sitplek, asook 'n volledige badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort en wasbak. Op dié verdieping is daar ook 'n oopplan-leefarea met 'n TV met DStv, 'n CD- en DVD-speler, en banke. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n kaggel. Die kombuis op hierdie verdieping is toegerus met 'n yskas, stoof en mikrogolfoond. Buite is daar 'n balkon met 'n tafel vir 6 gaste.

Op die eerste verdieping is daar 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra enkelbedmatras is op versoek beskikbaar. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.
Dié verdieping het 'n leefkamer met 2 banke, 'n TV met DStv, 'n eetkamer met sitplek vir 4, asook 'n kombuis met 'n yskas, 'n stoof, mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n voorste stoep met buitemeubels.

Buite is daar 'n braaiplek met 'n rooster, 'n wasgoedlyn en 'n onderdakarea met tafels, stoele, sonstoele en 'n sambreel. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Troeteldiere is welkom en sal veilig in die omheinde tuin kan speel.

Slaapplek

'n Bespreking by Murray Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Murray Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za