LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Nautica 701 | LekkeSlaap
+13

Nautica 701

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clam-weg 99, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 620 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Nautica 701 is 'n selfsorgdakwoonstel met slaapplek vir 5 gaste teen Blouberg se strand. Hierdie asemrowende woonstel is op die sewende verdieping van 'n kompleks teen die kus van Blouberg geleë, en is stapafstand van die spierwit strande af. Die woonstel het 'n balkon wat reg rondom strek en spog met panoramiese uitsigte oor Tafelberg, die see en Robbeneiland.

Die woonstel het 3 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n enkelbed. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, gasstoof, mikrogolfoond, dubbeldeur-yskas en -vrieskas, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, glasware en 'n ontbythoekie met 4 kroegstoeltjies. Die leef- en eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8, 'n gas-binnebraai, berg- en see-uitsigte, 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler, gemaklike sitplek vir 5 gaste en dit bied toegang tot die balkon wat ingerig is met 'n buitetafel, 8 stoele en berg- en see-uitsigte.

Die woonstelblok het toegangsbeheer en die woonstel het 'n alarm. 'n Motorhuis vir 1 voertuig word voorsien, en daar is ekstra parkeerplek beskikbaar binne en buite die kompleks. Daar is ook 'n wassery en swembad op die kompleks se onderste verdieping.

Of jy nou in Kaapstad is vir 'n vakansie, wittebrood of sakereis, Nautica 701 is die perfekte plekkie vir jou. Dit word omring deur 'n verskeidenheid wonderlike restaurante en daar is baie opwindende doendinge in die omgewing beskikbaar, so jy sal nie vir 'n oomblik verveeld wees nie. Die kompleks is op die MyCiTi-busroete.

Slaapplek

’n Bespreking by Nautica 701 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 12 resensies vir Nautica 701
Netheid
3.8/5
Diens
3.2/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Clam-weg 99, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nautica 701 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 620
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 620
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clam-weg 99, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFkYjU0M2FiLTkyZmYtNDRkOS1iYTc2LWU3ODc2MDQ5MjRkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 620  per nag (plek vir 5) 12 5 1 4 99 Clam Road Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.825208710694 18.479674550926
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!