Nautilus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nautilus is 'n ruim selfsorgwoonstel met 3 vlakke wat in die gewilde Bantry Bay in Kaapstad geleë is. Die woonstel bied heerlike verblyf in Kaapstad en die dekor is geïnspireer deur die Atlantiese Oseaan wat vanaf die woonstel sigbaar is.

Nautilus het slaapplek vir tot 6 gaste in 3 slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer en is smaakvol neutraal versier met al die luuksheid van 'n hotelkamer. Die hoofslaapkamer se uitsig is werklik indrukwekkend - die see lyk so naby dat jy jou verbeel die branders breek reg onder die venster!

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met moderne geriewe en sluit 'n Nespresso-masjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in. Die lieflike leefarea het 'n TV met DStv, 'n gaskaggel en skuifdeure wat lei na 'n houtdek met stoepmeubels en Weber-braaigeriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kaggel
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautilus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R26 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za