Nightingale Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nightingale Guest House in die hartjie van die Rosestad is gerieflik geleë en ideaal vir besoekers wat die stad wil verken. Met ons hartlike gasvryheid en ruim kamers wat goed toegerus is, bied ons uitstekende waarde vir geld.

Jy sal ons maklik kan opspoor – ons is in Parkwest geleë in Donald Murraystraat, wat heerlik stil is en gaste van ’n rustige blaaskans hier in Bloemfontein verseker. Nightingale Guest House is net ’n klipgooi vanaf verskeie besienswaardighede en toeriste-trekpleisters soos Mimosa Mall, die Loch Logan Waterfront, College Square, Grey College, Hoërskool Eunice, die Mediclinic-hospitaal, die Vrystaatse rugby- en sokkerstadions, asook die Vrystaatse Krieketstadion.

Ons het 11 ruim, luukse kamers wat elkeen ’n en suite-badkamer het. Om besoek so aangenaam moontlik te maak, het elke kamer ook sy eie yskas, mikrogolf, haardroër, privaat kluis, agterdeur en TV. Die hele gastehuis het lugversorging en is ook ’n WiFi-kuberkol vir diegene wat toegang tot die internet nodig het. Ons het ook konferensiegeriewe vir tot 20 mense.

Ander geriewe sluit in kredietkaartfasiliteite en ’n ruim, veilige parkeerplek met ’n elektroniese hek. Die hele gastehuis word deur ’n elektriese heining omring en die mure na die straat se kant toe is besonders hoog. Bespreek vandag nog en kom geniet alles wat Nightingale Guest House jou bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nightingale Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za