Citrusdal Akkommodasie by Noord Hoek Camping Villages | LekkeSlaap
+5
+5

Noord Hoek Camping Villages

Tentekamp
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 110 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noord Hoek Camping Villages, Keerom, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Noord Hoek Camping Villages is in Citrusdal geleë en word omring met sitrusbome en die Sederberge. Wanneer jy inklok sal alles gereed wees en jy hoef bloot net te ontspan en jou naweek by ons te geniet.

Elke tentdorpie het 'n 7,5 x 10 m Bedouin-markiestent met 'n uitstekende uitsig oor die water. Ons het ook 1 tot 3 seiltente, afhangende van die grootte van die groep, wat toegerus is met 'n digte driekwart-sponsmatras, katoenperkallinne, komberse en handdoeke.

Daar is ook 'n gesamentlike buitekombuis-area met 'n braairooster en kombuistoebehore, stoele, tafels, ligte en 'n koelboks. Elke tentdorpie het sy eie kragpunt. Die ablusiegeriewe met storte en spoeltoilette word gedeel en daar is 'n gemeenskaplike yskas en vrieskas.

Al wat jy moet pak is jou eie kos en klere en moenie vergeet om jou kampgees saam te bring nie.

Ligging

  • Noord Hoek Camping Villages, Keerom, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 110 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noord Hoek Camping Villages, Keerom, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg1MjAzNDNiLTBhMGEtNGY1NC05OTEyLTlmYmZlNWQ1ZmU4MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) Noord Hoek Camping Villages Keerom 7340 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.723177777778 19.040847222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za