Britanniabaai Akkommodasie by O Pi See | LekkeSlaap
+27

O Pi See

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 950 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ecklonia-straat 22, St Helenabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

O Pi See is 'n stylvolle strandhuis net 'n entjie se stap van die strand in Brittaniabaai af. Die huis is volledig toegerus vir selfsorg en het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders. Die strand is net 'n hanetreetjie van die huis af. Dolfyne baljaar gereeld in die baai en voëlliefhebbers sal in hulle element wees wanneer hulle hier kom kuier.

Dié pragtige vakansiehuis het 4 ruim kamers met koningingrootte-beddens en plafonwaaiers of lugversorging. 2 van die kamers het en suite-badkamers en daar is 'n volledige derde badkamer wat gedeel word tussen 2 van die kamers. Die kombuis is klein, maar het al die moderne geriewe wat jy benodig. Die sitkamer het 'n TV en 2 slaapbanke wat slaapplek vir 2 kinders bied en lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die see spog.

'n Houtdek verleng die stoep en vorm dan die ideale plekkie vir skemerkelkies terwyl jy die uitsig bewonder. Daar is braaigeriewe en 'n piekniektafel onder die dek wat heerlike skaduwee bied. Ongelukkig is die motorhuis nie beskikbaar vir gaste se gebruik nie, maar daar is oop parkeerplek vir 4 motors, 'n dubbelparkeerplek op die sypaadjie en 2 op die perseel.

St. Helenabaai is 'n rustige vissersdorpie teen die see. Dit bied egte Weskus-gasvryheid, goeie visvangplekke en lang, luilekker somersdae. Dit is werklik 'n plek om te rus, ontspan en jou kreatiwiteit aan te wakker.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir O Pi See
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Ecklonia-straat 22, St Helenabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink O Pi See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ecklonia-straat 22, St Helenabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ1OWYxMmU2LWQ3ZDktNGU3MS1hODZjLTc3NTI4NWI4YWNlNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 950  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 22 Ecklonia Street St Helena Bay 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.718347188689 17.940278202295
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za