On-Sea-Time Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On-Sea-Time Beach House bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde, ruim dubbelverdiepinghuis. Dié Mediterreense huis is in die waterfront van die pragtige kusdorp, Langebaan geleë.

Die dekor is geïnspireer deur die natuur en die huis het die gevoel van 'n tradisionele strandhuis met 'n oop leefarea wat gedeeltelike see-uitsigte bied. Die onderste verdieping beskik oor 3 slaapkamers wat onderskeidelik 'n koningingrootte-bed, 2 driekwartbeddens en 'n dubbelbed het. Daar is 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Die tweede verdieping beskik oor 'n oopplan-leefarea wat ideaal is vir daardie luilekker dae wanneer jy agteroor wil sit en 'n boek lees. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir tot 8 gaste, 'n groot slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet op hierdie verdieping. Daar is ook 'n aparte gastetoilet langs die leefarea. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n oond, 'n stoof, 'n mikrogolfoond en 'n yskas, en die sitarea het 'n TV met 'n volledige DStv-pakket. Die beskutte patio het 'n binnebraai en groot vensters wat 'n gedeeltelike see-uitsig bied.

Die huis is gerieflik geleë en is stapafstand van die strand waar veilige houtpaadjies al die pad tot by die sand en see lei. Club Mykonos en Laguna Mall is sowat 5 minute ver en gaste kan 'n lieflike see-uitsig geniet by die restaurante in die omtrek.

Slaapplek

'n Bespreking by On-Sea-Time Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On-Sea-Time Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 245 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za