On The Run
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar-straat 7a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R450 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
On The Run bied basiese oornagverblyf in Mosselbaai naby Hartenbos. Dié gastehuis is ideaal vir reisigers wat op soek is na gerieflike akkommodasie. Dis meer geskik vir kort verblyf, maar gaste wat langer wil bly is ook welkom.
Daar is 2 gastekamers langs mekaar is op die boonste verdieping van ons huis en het uitsigte oor die tuin, straat en omgewing. Die eienaars bly op die grondverdieping van die huis. Alhoewel elke sonnige kamer sy eie ingang het, moet gaste by die hoofingang van die huis inkom. Gaste deel die leefarea met die eienaars.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 2 driekwartbeddens langs mekaar en ’n privaat badkamer oorkant die gang. Alle nodige linne en handdoeke word voorsien. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe in die kamer. 'n Strykplank en -yster word op versoek voorsien.
Die sitarea is op dieselfde vloer en het ’n TV met DStv en ’n mikrogolfoond. Daar is ook ingeboude braaigeriewe op die verdieping en ’n balkon met dekmeubels. Daar is ’n yskas-vrieskas op die grondverdieping en breekware word voorsien op versoek. Daar is veilige parkeerplek langsaan die huis in die oprit beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en ons kan ongelukkig nie kinders akkommodeer nie.
Die gastehuis is in 'n stil area geleë met verskeie restaurante, banke, die Langeberg Mall, Hartenbos se seefront, mediese sentrums en 'n gholfbaan net om die draai. Dit is naby die N2 en die strand is slegs 150 km van die perseel af.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hannes Pienaar-straat 7a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink On The Run het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bay View Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar-straat 7a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18