- Kapasiteit: 332 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dock-weg, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R10 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
One&Only Cape Town bied luukse verblyf en dienste, en dien as 'n wegbreekplek vanwaar gaste die stad kan verken.
Die oord het 'n moderne atmosfeer, terwyl dit terselfdertyd die Afrika-kultuur en -erfenis vier. Elke kamer en suite, die grootste in Kaapstad, het 'n privaat terras of balkon. Die kamers in die Marina Rise het panoramiese uitsigte op Tafelberg, en die kamers op die oord se eiland het 'n spesifieke oord-atmosfeer met toegang tot die randvloeiswembad en aparte Spa Island.
Die hoofswembadarea is op 1 van die 2 privaat eilande geleë en het 'n randvloeiswembad, 'n privaat sitarea met dubbel-chaise lounges waar gaste in die son kan ontspan en pawiljoene waar gaste in die skadu kan sit.
Die eksklusiewe Spa Island spog met die mees uitgebreide spa in Kaapstad; dis 'n privaat, rustige oasis wat omring word deur water en digte plantasies. Die spa bied 12 behandeling-suites, waarvan 2 privaat areas vir paartjie-behandelings het, 2 luukse swembaddens, sauna- en stoomkamers en 'n ontspanning-sitarea waar versnaperings en drankies bedien word.
Die One&Only-fiksheidsentrum is in die hoof-oordgebou geleë en bied moderne toerusting met persoonlike oefenprogramme vir gaste en inwoners. Daar is 'n Kinesis-kamer, ruim ateljees vir joga en pilates, en gekwalifiseerde afrigters kan bespreek word vir individuele sessies.
Daar is 'n KidsOnly Klub vir jonger gaste vanaf 4 jaar oud, wat binne- en buite-speletjies en doendinge bied, asook vol- en halfdagprogramme. Daar is mense wat toesig hou by dié programme.
Vir sakelui wat 'n funksie wil hou is daar 'n balkamer, vergaderingkamer en sakesentrum-raadsaal.
Die oord spog met verskeie eetopsies vir gaste. Daar is 2 restaurante naamlik Nobu en Ochre wat in die hoofgebou is, aan albei kante van die sitarea, kroeg en dekarea, bekend as die Vista. Wynliefhebbers sal mal wees oor die tripelvlak Wine Loft wat ook 'n proekamer het. Op die eiland is 'n spesiale venue genaamd Isola wat gehuur kan word. Dié areas is geskik vir groepsgeleenthede en -vieringe en die eetarea is 24 uur per dag beskikbaar.
Die One&Only is die toonbeeld van uitnemendheid wat in alle One&Only-oorde reg rondom die wêreld gevind word.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Arabies
- Frans
- Italiaans
- Portugees
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- 24-uur Kamerbediening
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Dock-weg, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink One&Only Cape Town het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in V&A Waterfront Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 332 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dock-weg, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom