Onyx Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Onyx Self-catering is in Villa Diamante in Langebaan, em bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik vanaf verskeie winkels, restaurante, strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié ruim dorpshuis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank in die leefkamer. Die eenheid deel die gebruik van 'n volledige badkamer.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, dubbeldeur yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Die eetarea het oorgenoeg sitplek vir gaste om maaltye saam te geniet.

Vanaf die kombuis is daar 'n binnehof met 'n wasgoedlyn.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is ook 'n lekker binnebraai en veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig reg voor die huis. Nog 'n voertuig kan voor die motorhuis of in die keeromstraat parkeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Onyx Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Onyx Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za