Struisbaai Akkommodasie by Oppi-Stoepi | LekkeSlaap
+16

Oppi-Stoepi

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malvernlaan 39 , Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 638 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Oppi-Stoepi is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste in Struisbaai en is net 100 m van die strand af.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed vir 2 kinders. Dié 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en stort.

Die groot kombuis is toegerus met 'n gasstoof, 'n mikrogolf, yskas, vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel. Gaste kan in die sitarea of voor die binnebraai-area ontspan. Let asb. daarop dat die huis nie 'n TV het nie.

Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n see-uitsig. Parkeerplek is beskikbaar.

Struisbaai bied verskeie doendinge soos visvang, kajakvaart, vlieërbranderry, walviskyk tussen Julie en Augustus, en gaste kan ook na die pylstertvisse in die hawe gaan kyk. Gaste kan ook net 4 km na L'Agulhas ry om die Quoin Point Vuurtoring te sien, asook die Kaap Agulhas Vuurtoringmuseum. Daar is verskeie voetslaanpaaie in die area soos die Spookdraai-voetslaanpad en die Rasperpunt-voetslaanpad.

Slaapplek

’n Bespreking by Oppi-Stoepi sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Kinderstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Malvernlaan 39 , Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 638
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 638
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malvernlaan 39 , Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5dc7a411a6cd984573aca04341bd1d31ea9f5ec57899610de9fa6b3d6693b6b5a76a42addf8804f68e26c3c04b57fdcab8ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 638  per nag (plek vir 8) 39 Malvern Avenue Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.812455612747 20.043347189102
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za