8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 34 Muller Avenue, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Oppistoep is 'n ruim, nuut opgeknapte selfsorghuis vir tot 6 gaste in Vleesbaai, tussen Mosselbaai en Stilbaai, en is 50 m van die hoogwatermerk af geleë. Die huis is ideaal vir gesinne wat die buitelewe geniet.
Die huis bestaan uit 4 slaapkamers, waarvan 2 oor die see uitkyk en die gebruik van 'n badkamer met 'n instapstort deel. Drie van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed, en die vierde is gemeubileer met 2 enkelbeddens. Vir gerief word beddegoed voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke bring.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n moderne multifunksionele stoof, 'n mikrogolfoond, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is beskikbaar.
Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet, of ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar. Die leefarea maak oop op 'n stoep met 'n braai en 180-grade-uitsig oor die see en strand.
Vleesbaai bied lieflike strande vir lang staptogte, swem, visvang, roei, branderplankry, dolfyn- en walviskyk in seisoen, sowel as perdry, en sandduine vir 4x4-entoesiaste om te verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Sugnet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 34 Muller Avenue, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Oppistoep het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
34 Muller Avenue, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang