Overmeer Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Overmeer bied 'n luukse ervaring aan die oordeelkundige reisiger. Die mees asemrowende uitsigte oor die Tuinroete kan van basies enige plek op dié unieke perseel geniet word, en elke 4-ster-kamer is ingerig met 'n spa-bad, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n balkon met lieflike uitsigte oor die berge en riviermonding.

Die gastehuis het 9 luukse 4-ster-kamers. Daar is ook 3 klassieke kamers en 'n klassieke gesinseenheid beskikbaar wat op dieselfde perseel in 'n anneks geleë is. Die klassieke kamers is nie gegradeer nie. Die klassieke én luukse kamers is wel almal ruim en elkeen het 'n en suite-badkamer, DStv, 'n yskassie, haardroër, suiwer katoenlinne, 'n kluis, tee-kombuisie en privaat ingang. Die gesinseenheid het 'n balkon en die 9 luukse kamers het elkeen ook 'n balkon en 'n volledige badkamer met 'n spa-bad.

Gaste kan kies tussen 'n verskeidenheid ontbyt-opsies: 'n Engelse-Kontinentale ontbyt of 'n volledige ontbyt-buffet. Skop jou dag af in ons Afrika-ontbytkamer wat heerlik rustig is en indien jy buite op die stoep wil eet sal jy bederf word met 'n lieflike atmosfeer en uitsig.

Die gastehuis bied 'n swembad, taxi-diens, wasgoeddiens, veilige parkeerplek en gratis ADSL-WiFi.

Ons sal alte graag help met enige restaurant- of aktiwiteit-besprekings namens jou. Ons databasis dek die omliggende dorpe en die Tuinroete. Ons kan ook vlugte bevestig en sal graag help met die reël van dagtoere en lughawependeldienste.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Overmeer Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 080 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za