Panini

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Panini is 'n eenslaapkamerwoonstel in die stil woonbuurte van Strand. Dit is binne loopafstand van die strand af.

Die woonstel het 'n oopplan-leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis wat lei na die balkon met 'n uitsig op die Helderberg. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n stort en aparte bad. Daar is 2 enkelbeddens in die leefkamer wat deur die dag as rusbanke dien en maklik in beddens omskep kan word. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Panini is ook naby Somerset Mall, Strand se gholfbaan, hospitale, ander ontspanningsgeriewe en ongeveer 20 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Indien die weer nie toelaat dat jy 'n dag op die strand deurbring nie, is ons naby aan verskeie bekende wynplase rondom Somerset-Wes en Stellenbosch.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Panini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 440 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za