Paradise Beach Apartments 5 Elara

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paradise Beach Apartments 5 Elara is in 'n privaat landgoed, 1,5 km vanaf Club Mykonos in Langebaan. Die woonstelle is smaakvol gemeubileer met kleurvol geverfde blindings, kuns en kunsvlyt en van die woonstelle bied 'n uitsig oor die duine, veld en strandmeer. Die area is baie rustig en gaste kan die geluide van golwe en voëls geniet. Dié ligging is ideaal vir voetslaners en voëlliefhebbers.

Verblyf word gebied in 3 selfsorgwoonstelle, Flamingo, Seagull en Oyster Catcher. Flamingo en Seagull is eenslaapkamer-woonstelle met 'n see-uitsig en Oyster Catcher is 'n eenslaapkamer-woonstel sonder 'n see-uitsig, maar is troeteldier-vriendelik. Elke woonstel het ingeboude braaigeriewe, 'n leefarea, ten volle toegeruste kombuis, sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Strandhanddoeke is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word vervang en die woonstel word een keer per week skoongemaak. Daar is privaat parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Gaste kan Club Mykonos, 'n dorpie met 'n Griekse styl. besoek. Doendinge sluit slotmasjiene, restaurante, kroeë, bootvaart, seiljag en watersport in. Langebaan is ideaal vir seilplankry en vlieërbranderry. Gaste kan ook die Weskus Nasionale Park besoek wat 28,8 km ver is.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paradise Beach Apartments 5 Elara gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za