Wingate Park Akkommodasie by Peaceful Garden Cottage | LekkeSlaap
+19

Peaceful Garden Cottage

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oudtshoornstraat 846 , Wingate Park, Tshwane, 0153, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R540 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Peaceful Garden Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op die eienaar se perseel, 15 km vanaf Pretoria se middestad af. Die kothuis is ideaal vir 'n paartjie of 1 gas wat op soek is na gerieflike oornagverblyf naby verskeie geriewe.

Dié kothuis is smaakvol versier, het sy eie ingang en is vas aan die hoofhuis. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, tweeplaatstoof en ketel.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en lei na 'n stoepie en tuin met braaigeriewe. ’n Bababedjie is beskikbaar indien nodig. Die eiendom het toesluit-parkeerplek vir 1 voertuig. Peaceful Garden Cottage is in 'n 10 km-radius vanaf 'n bushalte, winkelsentrums, poskantoor, kitskosrestaurante, 'n wildreservaat, 2 privaat hospitale, 3 gholfbane en vele meer.

Die eiendom is ook net 30 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Peaceful Garden Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels
  • Persiese

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 8 resensies vir Peaceful Garden Cottage
Netheid
3.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Oudtshoornstraat 846 , Wingate Park, Tshwane, 0153, Gauteng
  • Gaste dink Peaceful Garden Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R540
per nag (plek vir 2)
Vanaf R540
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oudtshoornstraat 846 , Wingate Park, Tshwane, 0153, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoeLmVQNNWE4rbMWZEZCJYS2yHPl7ZR3Z05f1HglYNuKaympTQy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R540  per nag (plek vir 2) 8 5 1 4 846 Oudtshoorn Street Wingate Park 0153 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -25.82711 28.263467
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za