Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pebbles in Langezandt

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clionelle-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 495 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Pebbles in Langezandt is 'n moderne visserskothuis in die prentjiemooi Langezandt Fisherman's Village in Struisbaai. Verblyf word in 'n selfsorghuis en 'n aparte woonstel met die oorspronklike visserskothuis-styl aangebied en daar is slaapplek vir 8 gaste. Die huis is 200 m vanaf die strand en bied 'n uitsig oor die tuin.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer is in die huis se solder en het 2 enkelbeddens - dit is ideaal vir kinders. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis en leefarea het 'n oopplan-uitleg. Daar is 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware in die kombuis, asook 'n ontbyttafel. Die sitarea het 'n slim-TV, 'n kaggel en 'n rusbank waarop gaste voor die vuur kan opkrul. Die agterdeur lei na die binnehof, kothuis en kuierarea.

Die kothuis is apart van die huis en perfek vir tieners, grootouers of gaste wat 'n bietjie privaatheid soek. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die tuin is omhein en dus veilig vir troeteldiere en kinders. Daar is 'n kuierarea met buitemeubels en braaigeriewe, en 'n warmwater-buitestort onder die sterre. Die tuin het pragtige laventelbossies en wit klippies, en daar is 'n ekstra wasbak waar ywerige hengelaars hulle vis kan skoonmaak.

Die motorhuis kan via die binnehof bereik word en bied parkeerplek vir 1 voertuig, maar daar is ook genoeg parkeerplek vir voertuie buite. Daar is 'n wasmasjien in die motorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Pebbles in Langezandt sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 10 resensies vir Pebbles in Langezandt
Netheid
4.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.1/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Cornel Geverifieer

Eiendomme 59

Resensies 173

Jaar gelys 6

Ligging

  • Clionelle-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pebbles in Langezandt het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 495
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 495
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clionelle-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA01189dbfcd461a298b24f1458fac65e7400d08dfc77b7081894069ef23e9928b720d8169757e7047d9b3d1c218795afcaddf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 495 per nag (plek vir 8) 10 5 1 5 Clionelle Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.788982545607 20.044314925903
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem