Pringlebaai Akkommodasie by Petit Point | LekkeSlaap
+9

Petit Point

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 22, Pringlebaai, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R985 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Petit Point is 'n selfsorgkothuis in Pringlebaai met pragtige uitsigte oor die see en die berge. Dit is die ideale verblyf vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike, rustige verblyf weg van die gedruis van die stad.

Die kothuis is ten volle gemeubileer en dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort-oor-bad, 'n wasbak en 'n toilet in die een badkamer, en 'n storthokkie, 'n wasbak en 'n aparte toilet in die ander.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, 'n gasstoof en -oond en oop kaste met oorgenoeg eetgerei en breekware. Die oopplan-sitkamer het gemaklike sitplek eb 'n TV met plaaslike kanale, en daar is 'n tafel en stoele, asook 'n ingeboude braaiplek in die eetarea. Buite is daar nóg 'n braaiplek en parkeerplek vir 1 voertuig.

Die kothuis is 1 minuut se stap van die rotsagtige kus af en minder as 5 minute se ry van die swemstrand, winkels en restaurante af. Twee troeteldiere op die meeste kan hier geakkommodeer word en sal slegs teen R35 per troeteldier per week/naweek toegelaat word.

Slaapplek

’n Bespreking by Petit Point sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir Petit Point
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
2.5/5

Ligging

  • Promontory-weg 22, Pringlebaai, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Petit Point het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R985
per nag (plek vir 4)
Vanaf R985
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 22, Pringlebaai, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyNmFlOTQ3LTBhYzEtNDBkNS05NzYyLWQyZWVlOWUzYzI0MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R985  per nag (plek vir 4) 2 5 1 4 22 Promontory Road Pringle Bay 7139 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.350143632341 18.813170474869
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za