Pezula Eleventh Hole Luxury - SW17
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shipwright 7, Pezula Gholflangoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Pezula Eleventh Hole Luxury - SW17 is 'n selfsorgvilla op die veilige Pezula Gholdlandgoed in Knysna. Die villa is die ideale basis vanwaar gaste dié deel van die Tuinroete kan verken.
Die eiendom het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed, en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad. Die kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook, insluitend kaste met eetgerei en breekware.
Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n kaggel, die sitarea het 'n TV. Die leefarea lei na die kuierarea wat draagbare braaigeriewe, sonstoele en 'n swembad met 'n uitsig oor die gholfbaan se elfde put het. Daar is 'n dubbelmotorhuis met parkeerplek vir 2 voertuie.
Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is 'n vyfsterhotel op die landgoed met 'n spa, gimnasium, binnenshuise verhitte swembad met 'n ouderdomsbeperking, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.
Slaapplek
’n Bespreking by Pezula Eleventh Hole Luxury - SW17 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 19
Jaar gelys 5
Ligging
- Shipwright 7, Pezula Gholflangoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Pezula Eleventh Hole Luxury - SW17 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shipwright 7, Pezula Gholflangoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom