Kliprug Akkommodasie by Pikkewyntjie | LekkeSlaap
+13
+13

Pikkewyntjie

  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: No 21, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pikkewyntjie is 'n pragtige strandhuis in Paternoster, 'n ouwêreldse vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Die strand is sowat 75 m van die huis af. Neem asb. kennis dat dit 'n publieke strand is wat besig kan raak gedurende vakansies.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 2 dubbelbeddens het en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens. Gaste het toegang tot 2 gedeelde badkamers met verhitte handdoekrelings. Die kombuis is oopplan met die sitkamer en eetarea en is toegerus vir selfsorg. Dit het 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, ketel, koffiemaker, 'n skottelgoedwasser en 'n ekstra yskassie. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6, 'n kaggel, 42"-plasma-TV met volledige DStv en 'n PVR-dekodeerder. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitkamer het 'n stoep met 'n 180º-uitsig oor die see en braaigeriewe. Daar is ook 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste buite. Dit is net 70 m van die strand af en sekuriteitsgeriewe sluit diefwering, 'n sekuriteitshek by die ingang en 'n Trellidor-skuifdeur by die voordeur in.

Paternoster is 'n gewilde toeriste-bestemming vir gaste wat op soek is na 'n Mediterreense-styl atmosfeer, hemelsblou water, afgewitte kothuise, tradisionele vissersargitektuur en eindelose, wit sandstrande.

Slaapplek

’n Bespreking by Pikkewyntjie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 10 resensies vir Pikkewyntjie
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • No 21, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pikkewyntjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: No 21, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANbm88i8bCjUAIpLgNpyVW5TP1WwWJcuPRDiNISq3aZn3iirnf8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 No 21 Die Kom 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.808995560982 17.889581769705
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za