LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pinnacles Seaside Unit | LekkeSlaap
+11

Pinnacles Seaside Unit

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambleside-weg 19, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pinnacles Seaside Unit is slegs ’n uur se ry vanaf Durban en in die KwaZulu-Natalse paradys geleë. Dié huis is in die oorspronklike 1938 Suidkus-strandkothuisstyl gebou en het hoë plafonne en Oregonvloere. Pinnacles Seaside Unit is ’n ruim en gerieflike selfsorg-gesinseenheid.

Ons is slegs 80 m vanaf die hoof-swemstrand genaamd Tweni, wat beskerm word deur haainette. Daar is ook lewensredders aan diens gedurende seisoentyd. Daar is ’n plonspoel vir kinders, ’n groter swembad vir die hele gesin en dan die see vir die avonturies wat lus het vir visvang, duik of branderplankry. Dié strand het rotse oortrek met mossels, doflyne, walvisse en seeskilpaaie wat gereeld te sien is, asook die wonderlike jaarlikse "Sardine Run", en is dus ’n stukkie paradys.

Pinnacles Seaside Unit is ver van die skare geleë, maar ook naby genoeg aan al die nodige winkelsentrums, kroeë en ander toeriste-aantreklikhede. Dié eenheid is in Umtentweni geleë, net voor Port Shepstone, en bied maklike toegang vanaf die tolpad of die ou Suidkus-provinsiale pad. Die Suidkus se 7 wêreldbekende gholflandgoedere is nabygeleë, soos die Port Shepstone Buiteklub en die Wild Coast Sun-gholflandgoed. Twee van die wêreld se beste duikgebiede is ook in die nabye omgewing: Aliwal Shoal na die noorde vanaf Umkomaas en Protea Banks na die suide vanaf Shelly Strand. Verder kan gaste ook besienswaardighede soos Oribi Gorge, Elandmeer, Beaver Creek Koffieplaas en Clearwater Bergfietspad besoek.

Die gesinseenheid is volledig gemeubileer en het slaapplek vir 4 gaste en het ’n privaat ingang, 2 slaapkamers (een met ’n dubbelbed en een met 2 enkelbeddens), sitarea, kombuis en aparte badkamer en toilet. Die sitarea eht ’n TV-stel, DVD-speler, VCR en HiFi. Daar is ’n DStv-koppelpunt ? gaste moet egter hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met ’n stoof, dubbeldeur-yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Eetgerei, breeware en potte en panne word voorsien. Beddegoed word ook voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke bring. Daar is ’n onderdakstoep en braai-area buite.
Inwoners se honde bly op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Pinnacles Seaside Unit sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Pinnacles Seaside Unit
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Ambleside-weg 19, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Pinnacles Seaside Unit het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambleside-weg 19, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY4NDAwNDUwLWRmYTQtNDNhZi05OGMxLWIyMGViZTZkZThhMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 19 Ambleside Road Umtentweni 4235 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.718254193611 30.474432706833
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!