Pretoria, Ashlea Gardens Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pretoria, Ashlea Gardens Accommodation is in die boomryke woonbuurt Ashlea Gardens in Pretoria. Dit is 2 km vanaf die N1-hoofweg.

Verblyf is beskikbaar in 'n klein maar uitstekende gastekamer met slaapplek vir 2 gaste. Dit het nie 'n kombuis en eetgeriewe nie. Daar is ook 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 4 gaste.

Die gastekamer het 'n dubbelbed, 'n moderne stort, 'n aparte toilet en wasbak. Die kamer het 'n privaat ingang en veilige onderdakparkeerplek. Daar is 'n oulike stoepie met tuintjie waar gaste kan ontspan en die groot verskeidenheid voëls geniet. Let wel dat daar geen kombuis of kookgeriewe is nie. 'n Ketel, koffiehoekie, bekers, wynglase en 'n yskas is beskikbaar.

Die selfsorgwoonstel het slaapplek vir 4 - verkieslik vir 'n gesin of vriende wat mekaar goed ken, want die badkamer is in die hoofslaapkamer. Daar is 1 hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed, baie kaste en 'n badkamer - die ingang na die badkamer is deur die hoofslaapkamer. Die oopplan-leefarea het 'n volledige kombuis, 'n sitkamer met DStv-kanale, WiFi, 2 enkelbeddens in die oopplan-leefarea waar die derde en vierde gas slaap. Die woonstel het 'n privaat ingang en veilige onderdakparkeerplek.

Daar is ook 'n gemeenskaplike tuin met 'n swembad. Die eiendom is 22 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en 6-10 km van die naaste wild- en natuurreservate, Tukkies en WNNR af.

Ashlea Gardens Accommodation is 3 minute vanaf Menlyn Maine, Sun Arena, Time Square Casino, Pretoria-Buiteklub, Kloof en ander hospitale, Damelin, SARS en kantoorkomplekse.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pretoria, Ashlea Gardens Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za