Purple Trumpet Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dit was 'n lewenslange droom van die Suid-Afrikaanse krieketspeler, AB de Villiers, en sy broer, Jan de Villiers, om 'n gastehuis oop te maak wat voorsien in die behoeftes van plaaslike en internasionale reisigers. Na deeglike oorweging het hulle besluit dat Waterkloof die ideale omgewing vir die gastehuis sou wees. Hulle het toevallig op die naam van die gastehuis besluit toe hulle die een oggend ontbyt geëet het. Hulle wou graag Pretoria se bynaam, Jakarandastad, deel maak van die naam en soos hulle dit bespreek, het een van die klein blommetjies in AB se bord geval. Dit was 'n teken! Nadat hulle navorsing oor die boom gedoen het, het hulle ontdek dat dit bekend staan as die Purple Trumpet Tree in Spaans.

Jan het 7 jaar se ondervinding in die restaurantbedryf en saam met sy liefde vir kos voorberei en mense onthaal, gee dit hom 'n voorsprong in die gasvryheidselement van die gastehuis.

The Purple Trumpet Guesthouse het 13 gastekamers, elkeen toegerus met 'n yskassie vol voorraad, lugversorging, satelliet-TV, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers is klankdig en rook is verbode in die kamers. Sommige kamers is geskik vir gaste met gestremdhede.

Die volgende geriewe word gebied: 24 uur-diens tot jou beskikking, stoorplek vir bagasie, WiFi, daaglikse koerante en die gebruik van 'n kluisie indien nodig. Wasgoed- en droogskoonmaakdienste kan gereël word. Daar is 'n lieflike braai-area buite waar gaste kan ontspan na 'n lang dag. Maak ook gerus 'n draai by die kroeg voor jy 'n heerlike ete by die restaurant op die perseel gaan geniet. Die gastehuis bied gerieflike lughawependeldienste asook ander pendeldienste op versoek. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Met die ten volle toegeruste konferensiegeriewe is die gastehuis ideaal vir private vergaderings. Die restaurant en kroeg kan gebruik word wanneer 'n breek nodig is of om aan die einde van die dag te ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Purple Trumpet Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za