Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Raven House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 0 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ravenstraat 17A, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Tydelik onbeskikbaar

Beskrywing

Raven House is 'n selfsorghuis in die residensiële buurt West Beach in Bloubergstrand. Die huis is ideaal vir 'n gesinsvakansie, wittebroodpaartjie, sakereisigers of vlieërplankryers. Dis sowat 4 minute se ry vanaf Bloubergstrand se gewilde vlieërplankstrand en naby verskeie restaurante, winkels, malls en 'n bekende wynroete. West Beach is sowat 19 km vanaf Kaapstad se middestad en 28 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is ook 'n sonkamer en 'n onthaalarea buite met 'n swembad en gasbraaigeriewe. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die hoofbadkaemr het 'n bad en 'n stort. 'n Bababed kan op versoek voorsien word. Badhanddoeke en seep word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met Netflix. Gratis WiFi word voorsien.

Die sonkamer het 'n eetarea met sitplek vir 6 gaste en bied toegang tot 'n onderdakstoep met stoepmeubels.

'n Omsetter voorsien alternatiewe krag, so gaste sal nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. Die huis is kindervriendelik. Daar is ook plastiek-eetgerei vir kinders.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Raven House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

5/5

Debra Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 1

Jaar gelys 5

Ligging

  • Ravenstraat 17A, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Raven House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 0 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ravenstraat 17A, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPXx5nkvfaFFwXMr8tf1kW5ga0Oan6dhoK3NKfc3xyebGHbNfkN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
1 5 1 5 17A Raven Street West Beach 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.8110858 18.4806828
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem