Rockwell All Suite Hotel & Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rockwell All Suite Hotel & Apartments is in Kaapstad se gonsende middestad, De Waterkant in Groenpunt. Hierdie buurt met sy moderne stedelike atmosfeer word boonop omring deur die pragtige natuurskoon waarvoor Kaapstad so bekend is. Die hotel se baksteenontwerp is geïnspireer deur Manhattan se geboue uit die 1900's en skep 'n kontras met die ultra-moderne interieur, ingerig met al die nuutste geriewe om in 'n gesoute, hedendaagse reisiger se behoeftes te voorsien.

Verblyf is beskikbaar in woonstelle met 1 slaapkamer of 2 slaapkamers, asook 4 pragtig ingerigte dakwoonstelle. Elke woonstel het aparte slaapkamers en badkamers, 'n volledige toegeruste kombuis en 'n ruim sitarea, perfek vir selfsorg in 'n sjiek, stedelike opset. Die onthaalarea buite is net so aanloklik, met privaat balkonne wat beeldskone uitsigte op Tafelberg en Seinheuwel en oor die stadion en Kaapstad se hawe bied.

Die nuwe "Blank Canvas" onthaal-venue is pragtig ontwerp en afgewerk om 'n ruimte te skep waar bekendstellings, skemerpartytjies, troues, musiekkonserte, spanbou-aktiwiteite, verfilming, modeparades en meer gehou kan word. Gaste kan die venue kom inrig om in hul behoeftes te voorsien.

The Rockwell stel ook Kaapstad se eerste volledig interaktiewe teater-en-aandete-ervaring bekend. Elke produksie bied geleentheid vir 'n driegangmaal wat jou op 'n Kaapstadse smaak-avontuur neem, en om omring te word deur polsende ritmes en dans-pret.

Rockwell het 'n binnenshuise swembad met temperatuurbeheer, gimnasium en gesondheids- en skoonheid-suite vir gaste wat op die perseel bederf wil word. Die hotel bied ook 'n vriendelike en behulpsame portierdiens, professionele kinderoppassers, WiFi in elke suite, 24 uur-sekuriteit, veilige onderdakparkeerplek en 'n dokter wat 24 uur aan diens is sodat jou verblyf hier by The Rockwell All Suite Hotel gerieflik en veilig is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Grieks
  •  Pools
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rockwell All Suite Hotel & Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 660 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]