Sutherland Akkommodasie by Rogge Cloof | LekkeSlaap
+97

Rogge Cloof

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, Rogge Cloof, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Rogge Cloof Privaat Natuurreservaat is net 15 km vanaf Sutherland en is in 'n geregistreerde Biosfeer-reservaat met wild en jagluiperds wat vrylik rondloop.

Rogge Cloof bied verblyf in eenhede wat alle maaltye insluit, maar ook in selfsorgkothuise en plaashuise. Die plaashuise bied elkeen slaapplek aan 8 gaste, 9 van die eenhede wat maaltye insluit het slaapplek vir 2 gaste en een van hierdie eenhede het slaapplek vir 4 gaste. Die Cedar en Wolskuur Kothuise is vir selfsorg toegerus, maar kan ook bespreek word op 'n alles-ingesluit-basis. Die Orion-suites sluit maaltye en gefasiliteerde aktiwiteite op die reservaat by die tariewe wat vertoon word in. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar, behalwe op Sondae.

Die eenhede is in die Rogge Cloof Eco-Village en is 12 km vanaf Rogge Cloof se hoofingang. Dit bied geleentheid vir selfry-wildritte deur die reservaat na die Eco-Village. Die pad na die Eco-Village is 'n grondpad wat goed onderhou word en is geskik vir sedan-voertuie.

Rogge Cloof maak van sonkrag gebruik. Hierdie sonkragsisteem kan nie haardroërs, koffiemasjiene, waaiers, mikrogolfoonde of elektriese ketels akkommodeer nie. Kragproppe is vir selfoon- en skootrekenaarlaaiers beskikbaar. Die eenhede is knus en warm, en dik komberse, warmwatersakke en kaggels is vir die winter beskikbaar. Badkamergeriewe, koffie, tee en beskuit is beskikbaar.

Verblyftariewe sluit die bewaringsfooi uit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Alle Etes Ingesluit
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Rogge Cloof
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • R354, Rogge Cloof, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rogge Cloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, Rogge Cloof, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJmMTY0MjNmLTUwMDItNDlmNC1hNTEwLWRjYWI4ZjZhZTg4OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 R354 Rogge Cloof 6920 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.518962700948 20.636495053769
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za