10% af Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 14 Apr 2020 tot 22 Apr 2020.
Robertson Akkommodasie by Rose Cottage Robertson | LekkeSlaap
+32
+32

Rose Cottage Robertson

2 resensies
Selfsorg
  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 10% af
  • Vanaf R1 800 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 40, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Rose Cottage Robertson is in Robertson geleë en bied gehalteverblyf aan vakansiegangers. Dié instansie bied baie parkeerplek en is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak, asook 'n stort vir gaste wie se beweeglikheid beperk is met relings om aan vas te hou. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, met toegang tot die leefarea. Al die beddens het elektriese komberse en die slaapkamers en leefkamer het plafonwaaiers.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, asook 'n slaapbank vir nog 'n gas. Daar is ook 'n kaggel vir die koue wintersaande. Gratis 1GB WiFi word per toestel voorsien.
Die tuin se heining is onlangs vervang en meer waterbesparende tuinmaak-tegnieke word gebruik. 'n Gedeelte van die grasperk is uitgehaal en met 'n appelkoos deklaag vervang.

Daar is braaigeriewe en 'n mooi, omheinde tuin met 'n dagbed onder die bome waar gaste die uitsigte en voëllewe kan geniet. Dit is langs die munisipale dam. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Rose Cottage Robertson sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Russies

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Rose Cottage Robertson
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Loopstraat 40, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rose Cottage Robertson het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 800
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 800
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 40, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAio19VBaghbBH17URDYKzhf92b7WaStfj2MA2FOcN8dQb06If5h?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (vir 4 persone) 2 5 1 5 40 Loop Street Robertson 6705 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.7968059 19.886228
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za