LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by San Lameer Villa 1906 | LekkeSlaap
+10

San Lameer Villa 1906

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vanaf 24 Okt 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 1906, San Lameer Gholflandgoed, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 1906 is 'n selfsorg-villa op die San Lameer Gholflandgoed teen die Suidkus. Die landgoed spog met verskeie geriewe wat alle gaste kan gebruik.

Dié dubbelverdieping-villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer op die onderste verdieping het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer is op die tussenverdieping. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n dubbeldeuryskas, oond, stoof, skottelgoedwasser, breekware, eetgerei en 'n mikrogolf toegerus. Die oopplan-leefarea lei na die ruim balkon met 'n braai-area en 'n groot etenstafel met sitplek vir 8. Die villa spog ook met 'n privaat dammetjie met 'n waterval en veilige parkeerplek.

Die waskamer naby die villa het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër wat met munte werk. Gaste het toegang tot die landgoed se 18 putjie-gholfbaan, 4 restaurante, 2 kroeë, 'n spa, gimnasium, verskeie buitelugdoendinge, 'n natuurbewarea en 2 pragtige Blouvlagstrande.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 1906 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Ligging

  • Villa 1906, San Lameer Gholflandgoed, 4281, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 1906, San Lameer Gholflandgoed, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0R9hSuYINItxKByHciW5HlfKyhkDzfu0ZwfSykiYnuZ9hHFT9u?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) Villa 1906 San Lameer Golf Estate 4281 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.943897296679 30.298337638378
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!