Scali Wine Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 26 Nov 2019 tot 31 Des 2020.

Beskrywing

Scali Wine Lodge bied eenhede in ou plaasgeboue op die gesinsplaas, Schoone Oord aan die voet van die Paardeberg-berge naby Paarl. Dit is 'n werkende plaas wat organiese wyn produseer. Die wyne is op die plaas beskikbaar indien gaste daarvan wou proe.

Verblyf is beskikbaar in 4 verskillende eenhede. SCALI Wine Kothuis 1 bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers en 'n en suite-badkamer. SCALI Wine Kothuis het 1 slaapkamer, bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n en suite-badkamer. SCALI Wine Kothuis 3 bied slaapplek aan 2 gaste en het 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer. SCALI Wine Ateljee bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers en 'n en suite-badkamer.

Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Gehalte-linne en handdoeke word voorsien. Seep, handeroom, sjampoe, badroom en tee- en koffiemaakgeriewe word ook voorsien.

Die leefarea van elke eenheid is oopplan en het 'n kombuis, gemaklike bank en 'n etenstafel met stoele. Die kombuis in die eenhede het 'n yskas-vrieskas, gasstoof, broodrooster, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe. Tee, koffie, suiker, versoeter en beskuit word voorsien. Skottelgoedwasseep, 'n spons, vadoek en lappie word ook voorsien. Buite is daar 'n groot swembad.

Scali Wine Lodge is ideaal vir 'n rustige gesinswegbreek, sport-geleenthede of wittebrode. Dit is naby ander venues in die Paarl en die Paardeberg-area, gholfbane, bergfietsroetes, ander wynplase en besienswaardighede. Ander doendinge sluit wandelinge deur die wingerde, visvang, plaasdam, voëlkyk en swem. 'n Wynproe- en keldertoer is beskikbaar indien vooraf gereël. Die staptoer word deur die eienaar/wynmaker gelei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Scali Wine Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 R891 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 26 Nov 2019 tot 31 Des 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za