C Cottage right on the C

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

C Cottage right on the C is in 'n veilige kompleks in Mosselbaai geleë. Die kompleks is teen die strand en jy kan Robeiland van die stoep af gewaar.

Dié dupleks se boonste verdieping beskik oor 'n kamer met 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak.

Die onderste verdieping bied 'n oopplan-braaikamer met braaigeriewe en 'n stoep met 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n oopplan-sitarea, badkamer en die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n aparte toilet, stort en wasbak.

Verder is daar 'n buitestort met warm en koue water. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, broodrooster, toebroodrooster, ketel, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n TV met 70 DStv-kanale.

Die kompleks bied 'n swembad en klimrame. Diazstrand se swembad is stapafstand en dis ook naby die waterpark.

Die kompleks bied ook 'n elektriese heining en afstandbeheertoegang. Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie onder 'n afdak.

Slaapplek

'n Bespreking by C Cottage right on the C sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na C Cottage Right On The C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za