35% af Kry 35% af. Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Bloubergstrand Akkommodasie by Sea Spray Blu | LekkeSlaap
+21
+21

Sea Spray Blu

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 35% af
  • Vanaf R1 907 R1 240 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Sea Spray, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sea Spray Blu is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand - 'n voorstad met 'n ongelooflike uitsig op Tafelberg wat perfek is vir diegene wat Kaapstad of die omliggende omgewing besoek. Die goue strande is fantasties vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderplankry, maar daar is ook oorgenoeg geleenthede vir vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet in die omgewing.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n uitsig oor die see en op die berge, sowel as 'n tafel en 4 stoele.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Spray Blu sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Marine-rylaan, Sea Spray, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 907
Vanaf R1 240
per nag (plek vir 4)
was R1 907
Vanaf R1 240
per nag (plek vir 4)
was R1 907
Vanaf R1 240
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Sea Spray, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF0oUED5ohy1TxsyIrU8kFGqdT6zICwcij56hHtBpy2fPXTlwxi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 907, nou Vanaf R1 240  per nag (plek vir 4) Marine Drive Sea Spray 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.824001 18.4783162
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za