Seagulls Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seagulls Place is 'n selfsorghuis in Grottobaai, 'n kusdorp aan die Weskus van Kaapstad. Die area is bekend vir sy jaarlikse blomseisoen vanaf Augustus tot September. Seagulls Place is ideaal vir sakereisigers, gesinne, of reisigers wat die Weskus verken. Die huis is net 250 m van die see af, ideaal vir 'n prettige vakansie.

Seagulls Place bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 2 enkelbeddens. Daar is 'n solderkamer tussen dié 2 slaapkamers en die kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die derde en vierde slaapkamer is op die onderste verdieping, en elkeen het 'n dubbelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n kombuis en leefarea op die onderste verdieping. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n groot gasstoof, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en kookgerei. Die sitkamer het 'n groot platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n onderdak patio met 'n etenstafel, sitplek vir 8 en ingeboude braai. Gaste kan hier die geluide van die natuur geniet.

Veilige parkeerplek is op die perseel is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Seagulls Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seagulls Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za