Big Bay Akkommodasie by Seaside Village B22 | LekkeSlaap
+21

Seaside Village B22

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village B22, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 490 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seaside Village B22 is in 'n kompleks in Big Bay en dit is ideaal vir vakansiegangers, branderplankryers of sakereisigers.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en is op die vierde verdieping geleë. Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Een van die badkamers is en suite en albei badkamers het 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, asook 'n mikrogolf en 'n wasmasjien. Gaste kan in die sitkamer voor die TV met DStv ontspan. Onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n braai-area en kyk uit oor die baai. Daar is 2 ondergrondse parkeerplekke. Neem asseblief kennis: Rook is verbode in die eenheid, maar gaste kan wel op die balkon rook. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die gebou het ook 'n hysbak vir maklike toegang.

Big Bay is 'n gewilde plek vir branderplank-, seilplank-, sandplank- en lyfplankry. Verder is daar verskeie restaurante en winkelsentrums. Seaside Village B22 is net 14 km van Century City af en 22 km vanaf Kaapstad se middestad.

Slaapplek

’n Bespreking by Seaside Village B22 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Seaside Village B22
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village B22, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seaside Village B22 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 490
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 490
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village B22, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4ZmNhOGE2LTYwYjEtNGNmZS1iZjk2LTUxZThjNmZmY2YwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 490  per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 Otto du Plessis Drive Seaside Village 22B 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -33.787993200842 18.456722795963
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za