Seaside Village L21

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Seaside Village Penthouse Apartments is 'n luukse dakwoonstel wat volledig toegerus is met 3 slaapkamers wat stylvol gemeubileer is, 2 badkamers (1 en suite) en ononderbroke uitsigte op Tafelberg (1 van die wêreld se 7 natuurwonders). Seaside Village is net 300 m van die Big Bay-promenade af.

Die dek bied asemrowende uitsigte oor Kaapstad, Tafelberg en die Atlantiese Oseaan. Daar is oorspronklike fotokuns van Shaun Baumann-fotografie wat dié 5-ster-instansie se mure versier. Rou hout en handgeweefde materiaal meng om 'n luukse atmosfeer te skep, ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.

Seaside Village Luxury Penthouses bied moderne gerief wat dit 'n tuiste weg van die huis maak met topgehalte-katoenlinne en handdoeke, 2 platskerm-TV’s, elektroniese kluis, DStv, gratis onbeperkte WiFi, BluRay DVD-geriewe en gesinsvriendelike DVD-versameling, braaigeriewe, 2 eksklusiewe kelderparkeerplekke wasgoeddiens, skottelgoedwasser en net 300 m se stap van die see af. Kom geniet die rustigheid en natuurskoon in Big Bay met pragtige sonsondergange en verskeie gesondheids- en skoonheidsbehandelings in jou eie villa. 'n Heilsame ontbyt is op versoek beskikbaar of benut die moderne selfsorgkombuis wat volledig toegerus is. Seaside Village is naby verskeie restaurante (minder as 2 minute se stap). Kies tussen steak, Italiaans, Indies en seekos (en hulle lewer af) of wandel op Big Bay se strand en promenade wat net 2 minute-se stap is en naby toprestaurante, kroeë, vermaak en Red Bull Kite-branderplankry in Kaapstad se tuiste is. Ons het verskeie resensies wat wys dat Seaside Village voorwaar 'n topbestemming is. 'n 30% deposito bevestig jou bespreking.

Seaside Village is net 30 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en net 20 km vanaf die V&A Waterfront en Tafelberg. Dis ook 'n geakkrediteerde lid van Kaapstad Toerisme.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaside Village L21 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaside Village L21 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R1 260 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za