Seaview Sunsets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seaview Sunsets is 'n selfsorgwoonstel teen Bloubergstrand se strandfront. Dis naby verskeie besienswaardighede en bied 'n pragtige uitsig oor die stad, see en die omgewing.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak van die gastebadkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak gebruik.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gaste kan ook die uitsig op Tafelberg en oor Robbeneiland en die Atlantiese Oseaan geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaview Sunsets sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaview Sunsets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 905 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za