Sedgefield Akkommodasie by Sedgefield Kingfisher Cottage | LekkeSlaap
+75

Sedgefield Kingfisher Cottage

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-rylaan 23, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 407 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Sedgefield Kingfisher Cottage bied selfsorgverblyf in 'n stil, troeteldiervriendelike, voëlryke tuin oorkant die strandmeer in Sedgefield. Die kothuis skuil agter die hoofhuis. 'n Geplaveide paadjie wat saans verlig word, lei al langs die strandmeer af tot by die strand en jetty. Langs dié paadjie is dit ook net 600 m na die middedorp. Buite die kothuis is 'n mosaïekbankie waar jy kan sit en die sonsopkoms, sonsondergang, berg, strandmeer en natuurlewe kan dophou. Alles is naby en die rustige dorpie het so baie om te bied!

Daar is 2 selfsorgkothuise - Sedgefield Kingfisher en Sedgefield Lagoon Hideout. Die kothuise is oorkant mekaar op dieselfde perseel. Albei is vir selfsorg toegerus en het hul eie kombuise, leefareas en stoepe. WiFi is beskikbaar.

Sedgefield Kingfisher is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende en bied verblyf aan 6 gaste. Dié kothuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n houtkot vir 'n baba. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die kombuis, eet- en leefarea, badkamer met 'n stort, wasmasjien en tuimeldroër is op die onderste verdieping.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n hout eetkamerstel met sitplek vir 6. Die sitkamer het 'n platskerm-TV en skuifdeure wat na 'n privaat patio met 'n ingeboude braai lei.

Daar is 'n lieflike tuin met 'n berguitsig en heelwat speelruimte. Daar is 'n parkeerplek oorkant die kothuis op die perseel. Toegang na die perseel is via 'n elektriese hek.

Die kothuise kan daagliks op versoek skoongemaak word teen ekstra koste. Gaste het ook toegang tot die oprit en 'n ruim agtertuin.

Slaapplek

’n Bespreking by Sedgefield Kingfisher Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbedjie
Enkelbed / Driekwartbed Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 4 resensies vir Sedgefield Kingfisher Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Kingfisher-rylaan 23, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgefield Kingfisher Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 407
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 407
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-rylaan 23, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwnHMU7gQ9DjquoZXOpuQx6p5gfO1o6q4KiMXw61H0xmSFquqII?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 407  per nag (vir 6 persone) 4 5 1 5 23 Kingfisher Drive Sedgefield 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.020450145219 22.802068232541
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za