Paternoster Akkommodasie by Seekat 2 | LekkeSlaap
+8

Seekat 2

Weeksdagaanbod

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 31 Jul 2020.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmokstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seekat 2 is 'n selfsorgwoonstel in Paternoster, 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Die dorpie is 'n gewilde toeriste-bestemming vir mense wat graag sy Mediterreense atmosfeer wil beleef met die kobaltblou seewater, afgewitte kothuisies, tradisionele vissershuisie-argitektuur en eindelose wit strande.

Die eenheid het 1 slaapkamer onder met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad, stort en toilet, asook paneelverwarmers. 'n Haardroër is beskikbaar.

Die kombuis op die boonste vlak is goed toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea het 2 dubbelslaapbanke en gemaklike sitplek, 'n TV met volledige DStv en 'n eetkamertafel met 4 stoele. Gratis WiFi is beskikbaar. Buite op die stoep is daar nog sitplek gerangskik rondom ingeboude braaigeriewe. Daar is trappe buite wat vanaf die binnehof na die balkon lei, met 'n lieflike uitsig oor Paternoster se hele baai, die vissersbootjies, vlieërbranderryers en windplankryers.

Die perseel het 'n alarm, diefwering en sekuriteitshekke. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Die eenheid is 150 m van die strand af in 'n stil area van die dorp, en stapafstand vanaf die winkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 17 resensies vir Seekat 2
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Malmokstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seekat 2 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmokstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnNSREYLT41CHJO9p0FU9LzuqQb1Ui6erbwBCXZV9bCh6diaq1s?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 Malmok Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -32.807174029799 17.897386997938
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za